Wakker insleepdiensbestuurder laat ‘spiker’ aan pen ry

Lees ook :

Foto: Live Traffic

GAUTENG. – Danksy die waaksame oog van ‘n insleepdiensbestuurder van Precision Towing is ‘n beweerde spiker Sondagaand omstreeks 22:30 met hulp vasgetrek.

Live Traffic sê die insleepdiensbestuurder was onderweg na sy statiese punt toe hy na bewering twee verdagtes raakgesien het wat ‘n ketting met skerpgemaakte penne op die N4-hoofweg naby Simon Vermootenstraat plaas.

Sonder om te huiwer het die bestuurder die verdagtes gejaag en hulp ontbied. ‘n Kabod-veiligheidsvoertuig wat in die omgewing was, het by die jaagtog aangesluit. Die verdagtes was gou omring. Een verdagte is aangekeer, maar een kon daarin slaag om te ontsnap.

Die polisie is ontbied en die verdagte is in hegtenis geneeem.

“Hierdie arrestasie is nog ‘n beduidende deurbraak in die voortgesette pogings om voertuig-spiking op ons snelweë te bekamp. Die vinnige optrede van die insleepdiensbestuurder en die vinnige reaksie van die betrokke Kabod-sekuriteitspanne is prysenswaardig.”

“Pretoria Live Traffic NPC sal voortgaan met bedrywighede om die snelweë veilig te hou. Rapporteer asseblief enige verdagte aktiwiteite op die snelweë terwyl jy verbyry.”

Live Traffic & Road Incidents kan op ‘n WhatsApp-kanaal gevolg word. Verskeie WhatsApp-groepe is vir verskeie paaie in en om Gauteng gestig.

Trafficlive.co.za

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief