‘Wanatu’ neem jou ‘danatu’ in Afrikaans

Lees ook :

Foto: WANATU

GAUTENG. – Die eerste e-vervoerdiens in Afrikaans met opgeleide bestuurders is onlangs tussen Pretoria, Centurion en die omliggende lughawens tot stand gebring.

“HUISTU, SKOOLTU, WERKTU, WINKELTU, PARTYTJIETU, KERKTU. Ons vat jou DANATU!” Of selfs LUGHAWETU. Bekendes soos Gavin Edwards, Retief Burger en Victor Matfield het reeds van die diens gebruik gemaak.

Wannatu stel veiligheid eerste – daar is paniekknoppies wat met gewapende dienste gekoppel is en kameras binne en buite die voertuig wat deur ‘n beheerkamer gemonitor word. Daar is selfs ISOFIX-koppeltoestelle vir karstoeltjies. Lees jy so deur Wanatu se sosiale media, sien jy daar is reeds vroeër vanjaar vir 100 bestuurders geadverteer. Die bestuurders het op 23 Oktober “gegradueer”.

Foto: Wanatu

Laai doodeenvoudig die toepassing op jou foon af, bel WANATU by +27 12 023 3760, stuur ‘n e-pos aan [email protected], of jy kan selfs www.wanatu.co.za besoek.

Die diens het met ‘n paar tegniese probleme afgeskop, maar lees gerus hier wat die besturende direkteur sê:

Liewe WANATU-kliënt,

Soos julle weet, het ons met die afskop hierdie week ‘n paar tegniese uitdagings ervaar. Ons wil elke WANATU-kliënt bedank vir jou geduld en julle verseker dat ons absoluut daartoe verbind is om ‘n superieure diens te lewer.

Ons drywers staan nou reg om julle te verwelkom as passasiers en die WANATU-ervaring aan jou te bied! Die kliënt-toep ondervind tans navigasie-uitdagings, dit veroorsaak dat jy as kliënt nie die WANATU-drywer op die toep kan volg wat op pad is om jou te kom haal nie. Wees verseker dat indien jy ‘n rit bespreek, daardie rit gemonitor word deur ons beheersentrum en dat die drywer wel op pad is om jou WINKELTU, DANSTU, LUGHAWETU en ORALTU te vervoer. Indien jy onseker is, kan jy ons beheersentrum kontak by 012 023 3760.

Die WANATU-diens is elke dag beskikbaar vanaf 05:00 tot 00:30.

Ons kan nie wag om jou op te laai nie, ons waardeer elke WANATU-kliënt!

Wanatu-groete,

Judith van der Walt

Besturende Direkteur

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief