Wanda se gemmerpoeding

Lees ook :

Hier is Wanda Botha se resep vir heerlike gemmerpoeding, perfek vir ‘n Sondagaand.

Wenk

Ek het die poeding gemaak met een teelepel gemmerpoeier en een teelepel varsgemaalde vars gemmer, so ook die sous: een teelepel gemmerpoeier en een teelepel vars gemmer.
Ek het net ‘n driekwart (¾) koppie suiker vir die sous gebruik en dit was heerlik!

Bestanddele:

125 g botter of margarien
¾ k bruin suiker
¾ k melk
½ t sout
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 k koekmeel
¾ e koeksoda – dis reg – eetlepel!

Meng alles bo saam tot slap deeg. (Ek het maar my elektriese menger ingespan.)
Skep in dieperige tertbak van ongeveer 25 cm.

Sous

1½ k kookwater
2 t gemmer
1 k witsuiker

Meng alles saam tot gesmelt en gooi oor deeg. Sit kleefplastiek oor, steek ‘n paar gaatjies in vir die stoom om te ontsnap of plaas die deksel van die bak op.
Plaas bak op omgekeerde piering in mikrogolfoond en bak 12 minute op hoog (100%).

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief