Water stroom uit vier lekkasies in Sentraalweg af

Lees ook :

BEACONSFIELD – ’n Verouderde watertoevoerpyp in Sentraalweg wat gereeld bars, is vir ’n geruime tyd op die Sol Plaatje-munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsprogram gelys om vervang te word. ’n Aantal barsplekke kom hier voor, wat veroorsaak dat water vir maande en selfs jare in die straat af stroom.

Ockert Fourie, ’n DA-raadslid, sê die lekkasie soos dié op die hoek van Sentraalweg en Pratleystraat, en Nelsonstraat, is ’n gevaar vir motoriste. 

Die lekkasie veroorsaak grond-erosie. Die waterstroom skep ’n holte onder die teer en gee mee wanneer ’n persoon of ’n voertuig daaroor beweeg, verduidelik Fourie.

’n Verbyganger het by ’n lekkasie voor die Beaconsfield-biblioteek gesê dit is reeds maande gelede rapporteer, maar niks is sover gedoen om dit te herstel nie.

Fourie het nog ’n lekkasie by die duikweg in die straat uitgewys waar die water deur die grond sypel. 

Sello Matsie, woordvoerder vir die munisipaliteit, sê die departement van waterwerke herstel lekkasies wanneer dit vereis word. Herstelwerk word volgens ’n skedule gedoen.

Matsie sê daar is soms ’n vertraging in die skedule wanneer daar aan ’n hooftoevoerpyp soos die 965mm-watertoevoerpyp gewerk word. Die skedule word ook beïnvloed deur lekkasies wat in  Galeshewe, Roodepan en Ritchie rapporteer word.

*Foto’s en video is met ’n Huawei P30 geneem.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App