Waterkanon gebruik om taxi’s van pad te verwyder

Lees ook :

Foto: Department of Community Safety and Transport Management

NOORDWES. – Die polisie het vroeër vandag ‘n waterkanon gebruik om taxi’s te verwyder wat die pad wat Suid-Afrika met die naburige Mosambiek, Botswana en Namibië verbind, versper het.

Lucas Mothibedi, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiliheid en vervoerbestuur, sê die N4 in die Ramothere Moiloa- plaaslike munisipaliteit was sedert vanoggend vroeg blokkeer, maar is nou oop. Die pad tussen Zeerust en Mahikeng op die Lehurutshe-aansluiting was onbegaanbaar en het oggendverkeer beïnvloed. Wetstoepassingsowerhede het die situasie gemonitor en die waterkanon gebruik om paaie vir verkeer oop te stel.

Die polisie en provinsiale verkeersowerhede het met die taxi-operateurs gepraat, maar hulle wou nie samewerking gee nie, gevolglik is die taxi’s op kragdadige wyse verwyder.

Mothibedi sê die motief vir die belemmering van die pad is onbekend, maar word deur die departement ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief