KAAPSTAD. – Kaapstad se direktoraat vir water en sanitasie het gewaarsku beplande onderhoud sal dié week uitgevoer word, wat watertoevoeronderbrekings sal veroorsaak.
Lees ook: Drie dood en verskeie beseer ná trein in Duitsland ontspoor
Inwoners word gewaarsku om genoeg water vooruit te stoor.
Beplande onderhoud sal die watertoevoer in die volgende gebiede onderbreek: Hanoverpark, Athlone, Rylands, Newfields, Pinati Estate, Belthorn Estate, Penlyn Estate en Belgravia.
Laedruk ondersoeke sal in hierdie gebiede uitgevoer word en waterdruk vanaf 09:00 tot 17:00 vanaf 28 Julie tot 1 Augustus onderbreek.
Die watertoevoer van Rusthof in die Strand sal Dinsdag vanaf 09:00 tot 20:00 afgesit word vir die onderhoudspan om ’n noodsaaklike klep te installeer.
Toetse vir die afsit van die water sal Dinsdag van 09:00 tot 16:00 uitgevoer word in die sakekern ter voorbereiding om die water Donderdag vanaf 09:00 tot 18:00 af te sit vir ’n nuwe verbinding in Breestraat.
Toetse vir die afsit van die water sal Dinsdag van 09:00 tot 16:00 uitgevoer word in die Welgelegen-gebied ter voorbereiding om die water om Donderdag vanaf 09:00 tot 18:00 af te sit om drie foutiewe kleppe te vervang.
Watertoevoer sal ook Woensdag vanaf 09:00 tot 17:00 in die volgende gebiede onderbreek word vir zero-druktoetse: The Conifers en Malibu Village. Ook Woensdag vanaf 20:00 tot 14:00 Donderdag in Site C – Khayalitsha. Op Donderdag vanaf 09:00 tot 17:00 in Kuilsrivier Industrial, The Railwat Line, die R300 en Van Riebeecklaan.
Bronne: City of Cape Town
Lees ook: Drie dood en verskeie beseer ná trein in Duitsland ontspoor





