OOS-KAAP. – Die departement van korrektiewe dienste het Woensdag ‘n splinternuwe huis aan Nomagcaleka Molly Lukhele, ‘n weduwee van Buffalo Neck-woonbuurt, oorhandig.
Volgens die departement het David Lukhele, die weduwee se man, op 16 September 2001 gesterf, nadat hy tydens taxigeweld in Qumbu in kruisvuur beland het.
Die inisiatief is deel van die departement se program vir herstellende geregtigheid. Die Lukhele-gesin is tydens slagoffer-oortreder-dialoog in Oktober 2021 as potensiële begunstigdes geïdentifiseer.









