Brekende Nuus
Afrikaans

Weeklikse Woensdag-resep: Coke-hoender

Hierdie resep gee hoender oemf. Die soet en sout kombinasie is ’n wenner.  

Coke-hoender Illustrasies: Canva en Radio Namakwaland
Coke-hoender Illustrasies: Canva en Radio Namakwaland

Hierdie resep gee hoender oemf. Die kombinasie van soet en sout is ’n wenner.  

(Lewer 4 – 6 porsies)

BESTANDDELE:

1 kg hoender of hoenderstukke

60 ml (‘n kwartkoppie) sojasous

60 ml (‘n kwartkoppie) bruinsuiker

125 ml (‘n halwe koppie) asyn

1 liter Coke

METODE:

  1. Kook die hoender in die sojasous tot halfgaar.
  2. Voeg die suiker en asyn by en kook verder.
  3. Gooi die Coke oor die hoender totdat dit amper bedek is.
  4. Draai die hoender gereeld om en kook ongeveer 45 minute of totdat die sous taaierig word.
  5. Sit warm voor.

Bron: Ons kookboek – leserskringresepte, Human & Rousseau, 2004