Weeklikse Woensdag-resep: Groentesop

Lees ook :

Weeklikse Woensdag-resep: Groentesop

Met die winter wat al hoe nader kruip, raak mens lus vir warmer disse. Hier is ’n maklike, blitsige groentesopresep wat die winter warmer sal maak.

BESTANDDELE:

500 ml gekapte uie

2 pakkies gevriesde groente-sopmengsel

2 blikkies tamaties met basiliekruid, knoffel en oreganum

500 ml vleisaftreksel

1 blikkie tamaties met groenrissies

250 ml water

METODE:

Braai uie vir 4 minute tot sag in ‘n groot en diep kastrol.

Voeg die res van die bestanddele by en bring tot kookpunt.

Verminder die hitte en laat dit onbedek prut vir 15 minute.

Bron: boerekos.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief