Weeksdae is besig so tussen beurtkrag, inkopies en werk deur. Hier is ’n vinnige, smullekker mielie-souttert wat jy in ’n japtrap aanmekaar kan slaan.
BESTANDDELE:
1 gekapte ui
1 gekapte selderystingel
1 halwe groen soetrissie in blokkies gesny
1 halwe rooi soetrissie in blokkies gesny
250 ml (1 k) gerasperde kaas
90 ml (6 e) koekmeelblom
2,5 ml ( ½ t) mosterdpoeier
’n Knippie sout
45 ml (3 e) vars gekapte pietersielie
8 eiers
820 g (2 x 410 g-blikke) heelpitmielies
METODE:
1. Voorverhit oond op 180°C
2. Meng ui, seldery, soetrissies, kaas, meel, mosterd, sout en pietersielie saam tot meel heeltemal ingemeng is.
3. Klits eiers en roer mielies daarby. Roer by uiemengsel en skep in ’n gesmeerde oondbak.
4. Bak vir 40 min of tot in middel gestol.
5. Sit louwarm as ligte middagete voor.
(Lewer 6 porsies)
Bron: Marlo Carstens, Vinnig en maklik: resepte uit Vrouekeur, LAPA-Uitgewers





