Weeklikse Woensdag-resep: Mueslimuffins met heuning

Lees ook :

Foto ter illustrasie: Delicious

‘n Mens wil nie swaar kosse in die hitte eet nie. Hierdie mueslimuffins is die perfekte happie om teetyd te geniet of saam werk toe te neem.

BESTANDDELE:

500 ml bruinbroodmeel (280 g)

15 ml bakpoeier

2 ml sout

60 ml sagte bruinsuiker (50 g)

200 ml muesli (70 g)

1 ekstragroot eier

200 ml melk

80 ml kookolie

60 ml heuning

METODE:

1. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Voeg suiker en muesli by.

2. Klits eier, melk, olie en heuning in ’n ander bak.

3. Giet eiermengsel by droë bestanddele en roer tot net gemeng. Moenie te veel meng nie; die beslag moet nog klonterig wees.

4. Skep in gesmeerde muffinpanne; maak elke holte twee derdes vol.

5. Bak 15-20 minute in ’n voorverhitte oond by 200° tot goudbruin. Laat ’n paar minute op ’n draadrak afkoel en sit dit dan voor met botter.

(Lewer 10 muffins)

Bron: Vars en Flatervry – Heilie Pienaar

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief