Groente hoef nie vervelig te wees nie. Met hierdie resep sal die meeste mense nie eers besef hulle eet groente nie. Patatwiele werk goed as ’n bygereg.
BESTANDDELE:
5 patats gekook, fyngedruk en afgekoel
1 rol blaardeeg – ontdooi
1 koppie kaneelsuiker
1 koppie bruinsuiker
1 koppie room
METODE:
- Voorverhit die oond teen 180° C.
- Rol blaardeeg uit.
- Smeer patat oor die deeg.
- Strooi die helfte van die kaneelsuiker oor die patat.
- Rol die deeg op en bêre in die yskas vir ’n halfuur.
- Sny in duimdikte wiele.
- Pak wiele in gesmeerde oondbak.
- Meng die bruinsuiker en room en giet eweredig oor patatwiele.
- Strooi res van die kaneelsuiker oor.
- Bak vir 45 minute in voorverhitte oond, bedien warm.
Bronne: Boerekos – webtuiste