Weeklikse Woensdag-resep: Sjokoladepoeding

Lees ook :

Sjokoladepoeding Foto ter illustrasie: Chatelaine

Is jy ’n soettand wat uit nagereg-idees geraak het? Hier is ’n wenresep vir sjokoladepoeding wat jou ’n tweede porsie sal laat skep.

BESTANDDELE:

250 ml (140 g) koekmeelblom

45 ml kakao

10 ml bakpoeier

3 ml sout

160 ml (140 g) strooisuiker

30 ml gesmelte botter

250 ml melk

1 eier

5 ml vanieljegeursel

BOLAAG:

45 ml kakao

200 ml (160 g) strooisuiker

375 ml kookwater

METODE:

1. Sif meel, kakao, bakpoeier en sout saam. Voeg suiker by.

2. Meng botter, melk, eier en geursel in ’n ander bak en klits by droë bestanddele tot glad. Gooi uit in ’n gesmeerde mediumgrootte oondbak.

3. Vir bolaag: Sif kakao en meng met suiker. Strooi oor deeg. Giet kookwater bo-oor.

4. Bak vir 50 minute in ’n voorverhitte oond van 180°C.

(Lewer 4-6 porsies)  

Bron: Vars en Flatervry – Heilie Pienaar (Struik Media)

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief