Weeklikse Woensdag-resep: Skuinskoek

Lees ook :

Weeklikse Woensdag-resep: Skuinskoek. Foto ter illustrasie: Boesmanland-langtafel en Canva

Skuinskoek het sy ontstaan in die Boesmanland gehad. Volgens oorlewering het die Voortrekkers dit as ’n versnapering geniet terwyl hulle die berge oor is. Dit raak nie vinnig oud nie, net hard. Dit is heerlik om saam met koffie te geniet.

BESTANDDELE:

2.5 kg koekmeel

10 ml sout

2 pakkies droë kitsgis

1 l louwarm water

250 g botter

15 ml anys

2.5 ml fyn neutmuskaat

750 ml suiker

METODE:

  1. Meng al die droë bestanddele goed. (Koekmeel, sout, kitsgis, anys, neutmuskaat, suiker)
  2. Voeg die water bietjie vir bietjie by en meng tot ‘n lekker deeg vorm.
  3. Knie die botter bietjie vir bietjie by totdat alles goed deurgeknie is. Knie ongeveer vir 15 minute.
  4. Maak die deeg warm toe met ‘n ge-oliede plastieksak en ‘n kombers en laat op ‘n lekker warm plek rys tot dubbel in volume.
  5. Verhit ‘n kastrol met helfte van die olie en helfte botter.
  6. Knie jou deeg goed af. Knyp ‘n bol deeg af, rol dit in ‘n lang wors, druk dit plat tot dikte van 1 cm en sny dan skuins stroke.
  7. Plaas die koekies in die olie en braai totdat hulle lekker bruin is. Roer sommer terwyl hul braai om seker te maak hulle verbruin egalig.

Bron: Boesmanland Langtafel – Marli Visser

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief