Brekende Nuus
Afrikaans

Weeklikse Woensdag-resep: Uieringe

John Mollard het al in 1802 die eerste weergawe van uieringe in ’n Britse kookboek neergeskryf. Vandag eet ons dit steeds!

Weeklikse Woensdag-resep Uieringe 
  Illustrasie: Canva
Weeklikse Woensdag-resep Uieringe Illustrasie: Canva

John Mollard het al in 1802 die eerste weergawe van uieringe in ’n Britse kookboek neergeskryf. Vandag eet ons dit steeds! Hier is ’n vinnige en maklike resep:

BASIESE BESTANDDELE:

2 groot uie in dik ringe gesny

Olie vir diepbraai

Ekstra meel om in te doop

BESLAG:

310 ml bruismeel (175 g)

3 ml sout

5 ml fyn paprika

15 ml papawer- of sesamsaad

250 ml water of bier

METODE:

  1. Sif meel, sout en paprika saam. Voeg saad en water by. Meng goed en laat staan vir minstens 30 minute.
  2. Doop uieringe in ekstra meel, dan in beslag en diepbraai in olie tot goudbruin. Sit voor met ’n sous van jou keuse soos tartare- of soutsous.

(Lewer 4-6 porsies) 

Bron: Vars en Flatervry – Heilie Pienaar (Struik Media)