Brekende Nuus
Afrikaans

Weeklikse Woensdag-resep: Yskoffie

In die somer is jy somtyds steeds lus vir koffie, maar die hitte maak dit moeilik.

Weeklikse Woensdag-resep Yskoffie Foto's: Simple Joy en Canva
Weeklikse Woensdag-resep Yskoffie Foto's: Simple Joy en Canva

In die somer is jy soms steeds lus vir koffie, maar die hitte maak dit moeilik. Hier is ’n heerlike resep vir yskoffie wat jou woema sal gee en laat afkoel.

BESTANDDELE:

380 ml sterk koffie aangemaak en afgekoel

125 ml kondensmelk

Ysblokkies

METODE:

  1. Vul jou glas met ys en voeg die koffie tot driekwart by.
  2. Giet die kondensmelk bo-oor na smaak.
  3. Roer eers as die kondensmelk afgesak het.

Bron: Boerekos