Weerdiens reik verskeie waarskuwings uit

Lees ook :

Die hittegolf sal na vandag begin breek. Foto: SAWS

SUID-AFRIKA. – Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het verskeie waarskuwings vir vandag uitgereik.

’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms en neerslag is vir plekke oor die Hoëveld, eskarp-gedeeltes van Mpumalanga en die suidelike dele van Limpopo uitgereik. Skadelike winde, groot hoeveelhede hael en weerlig kan moontlik skade aan infrastruktuur en eiendom in bogenoemde plekke veroorsaak.

Omstandighede vir die ontstaan van wegholveldbrande sal gunstig vir areas oor die Vrystaat, Noordwes, die sentrale en noordelike dele van die Noord-Kaap asook die suid-westelike bosveld van Limpopo wees.

Die huidige hittegolf sal tot vandag hoë temperature in dele van Gauteng, die westelike bosveld van Limpopo, die westelike hoëveld van Mpumalanga, die sentrale en oostelike dele van Noordwes en die noord-ooste van die Vrystaat veroorsaak.

Tshwane-munisipaliteit se nooddienste-departement het al Dinsdag ’n verklaring uitgereik waarin hulle inwoners aangemoedig het om onder andere genoeg water te drink, buitelug-aktiwiteite te beperk en indien moontlik in die koelte te bly.

Bronne: Die Suid-Afrikaanse Weerdiens, Tshwane-munisipaliteit

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief