Weerdiens voorspel moontlike reën

Lees ook :

Weerdiens voorspel moontlike reën. Foto: SAWS

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het hulle weervoorspelling vir die week vrygestel. Volgens die voorspelling kan ’n groot gedeelte van die land reën verwag.

’n Geel vlak 2-waarskuwing is uitgereik vir die sentrale dele van die Noord-Kaap wat Upington, Prieska en De Aar insluit. Erge donderstorms en moontlike vloede word vir daardie gedeeltes voorspel.

Verder is ’n geel vlak 1-waarskuwing vir winde wat skade kan aanrig vir die kusgebied tussen Port Alfred en Port Edward aan die ooskus uitgereik.

Daar is vanaand ’n groot moontlikheid van verspreide donderbuie vir dele tussen Graaff-Reinet en Gqeberha, asook langs die ooskus tussen Richardsbaai en Phalaborwa.

Môre kan reën oor die sentrale binneland asook die noorde van Limpopo en Mpumalanga verwag word.

Bron: SAWS

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief