Die Suid-Afrikaanse weerdiens het gister ’n waarskuwing oor hittegolftoestande vir groot dele van die land uitgereik.
’n Hittegolf met gepaardgaande en volgehoue hoë temperature kan in areas by die eskarpgebied en die laeveld van Limpopo tot Saterdag verwag word.
Die toestande sal ook oor die sentrale en oostelike dele van die Vrystaat en Noordwes teenwoordig wees, waarna dit vandag na die noordoostelike dele van die Noord-Kaap sal versprei.
Sondag tot Dinsdag sal die hittegolf ’n tuiste oor die sentrale dele van die Noord-Kaap vind.
Warm en vogtige weer sal uitermatige en ongemaklike toestande in gebiede in Limpopo en die laeveld van Mpumalanga veroorsaak.
Inwoners word aangemoedig om genoeg water te drink en langsame aktiwiteite in die son te vermy.
Bron: SAWS





