Weerdiens waarsku: Somerseisoen gaan warm en nat wees

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) voorspel dat die komende somerseisoen warmer as normaal gaan wees, met bo-gemiddelde reënval in groot dele van die land se somerreënvalstreke. Hierdie toestande kan gesondheidsrisiko’s en natuurrampe, veral vloede, tot gevolg hê.

Tammy Fray, SAWD-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die El Niño-Suidelike Ossillasie (ENSO) is tans in ’n neutrale toestand. ’n Skielike afkoeling die afgelope maand kan egter tot ’n swak La Niña binne die volgende paar weke lei. Vir Suid-Afrika beteken dit meer gunstige reënval in die noordoostelike dele van die land, maar ook ’n groter waarskynlikheid van oorstromings.

Bo-gemiddelde reënval word voorspel vir Noordwes, dele van die Vrystaat, KwaZulu-Natal en dele van die Oos-Kaap. Dit behoort damme en reservoirs te bevoordeel, maar die weerdiens waarsku dat voorsorg getref moet word om vloedskade te beperk, soos die instel van voldoende dreineringstelsels.

In teenstelling hiermee voorspel die SAWD ondergemiddelde reënval vir dele van Mpumalanga en Limpopo, wat bestaande droogtetoestande kan vererger.

Behalwe die reën, voorspel die weerdiens ook hoër minimum- en maksimumtemperature oor groot dele van die land, buiten vir die suidwestelike kusgebiede wat koeler as normaal kan wees. Die verwagte hitte verhoog die risiko van hitteverwante siektes en kan die verspreiding van patogene in voedsel versnel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief