Weerlig tref tent tydens kerkdiens – 3 mense dood

Lees ook :

Weerlig tref tent tydens kerkdiens - 3 mense dood Foto: Ter illustrasie

LIMPOPO. – Een man en twee vroue is Sondagoggend (14 Desember) omstreeks 01:00 in Polokwane dood, nadat hulle tydens ’n kerkdiens in ’n tent deur weerlig getref is. Altesaam agt mense, tussen 12 en 56 jaar oud, is deur die voorval geraak en na ’n gesondheidsentrum vervoer.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die kerkgangers van Radimana-dorp het in ’n tent in ‘n oop veld gesing, toe ’n onweersbui begin. ’n Skielike weerligslag het die tent getref, waartydens drie mense dood en nog meer beseer is. Die drie oorledenes is as Ribson Mothemane (46), Mosibudi Mokgobu (44) en Glenda Modjadji Ntjana (36) geïdentifiseer. Die slagoffers is na ’n plaaslike hospitaal geneem vir behandeling, maar is met aankoms dood verklaar.

’n Geregtelike doodsondersoek is deur die polisie geregistreer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief