LIMPOPO. – Weermaglede van die Bambatha Rifles wat met voetpatrollie besig was, het Dinsdag ‘n Volkswagen Crafter-minibus wat in die rigting van die Limpoporivier gery het, opgemerk en later onderskep.
Kapt. Moses Semono sê die weermaglede het die voertuig ter waarde van R880 000 te voet gevolg. By die Limpoporivier het die Crafter vasgesit en die insittendes het oor die grens Zimbabwe in gevlug.
Die SAPD het die voertuig, wat in Heidelberg in Gauteng geregistreer, na die Tshamutumbu-polisiestasie geneem.
Lt.kol. Frans Lechuti, die waarnemende bevelvoerder van Gesamentlike Taktiese Operasies in Limpopo, het die lede met hul goeie werk gelukgewens.
Foto’s: Kapt. Joseph Msimanga





