GAUTENG. – Lede van die SANW gebaseer by die Tek-basis is Vrydag geprys nadat hulle vyf verdagtes wat vermoedelik deel van ‘n motorvoertuigdiefstalsindikaat is, by hulle basis vasgetrek het.
Volgens ‘n verklaring van die SANW het die beweerde sindikaat voertuie van privaat persone binne en buite militêre eenhede geteiken. Die verdagtes van Mamelodi is gevang dat hulle die omgewing van die Tek-basis as ‘n toevlugsoord vir hulle onwettige bedrywighede gebruik. Hulle is met behulp van inligting wat deur die Tek-basis se lede, militêre polisie en Lyttelton-polisie gekry is, in hegtenis geneem.
Die weermag beklemtoon weermagbasisse is veilige en beskermde omgewings.
Lees die volledige verklaring hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





