Die Suid-Afrikaanse weerdiens het reën vir die grootste deel van die land – die Noord-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Gauteng, Noord-Wes, Vrystaat, Mpumalanga en Limpopo – vir vandag voorspel.
Lees ook: Saak teen Putco-verdagtes tot môre uitgestel
’n Waarskuwing vir brandgevaar is vir dele van die Noord-Kaap en Wes-Kaap uitgereik.
’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms met moontlike oorstromings geld vir dele van KZN, Mpumalanga en die Oos-Kaap.
Bronne: Saws





