Wegholbrande lei tot ontruimings in Europa

Lees ook :

Wegholbrande lei tot ontruimings in Europa fotokrediet: X

EUROPA. – Wegholbrande in suidelike Europa het gelei tot die ontruiming van duisende mense en minstens drie sterfgevalle in Spanje, Turkye en Albanië.

Lees ook: Brande in Europa met hittegolf wat temperature oor 40°C druk

Brande in Patras, Griekeland, het daartoe gelei dat sowat 15 brandbestryders behandeling vir brandwonde, rookinaseming of uitputting moes ontvang. ’n Man (80) het suid van Tirana in ‘n brand omgekom.

Inwoners in vier dorpies in Albanië is ontruim ná erge veldbrande in die gebied uitgebreek het. ’n Vrywilliger brandbestryder is tydens ’n brand in Spanje naby Madrid oorlede waar duisende mense ook ontruim moes word.

’n Werker in Turkye is gister oorlede toe hy en sy medewerkers in ’n ongeluk met ’n brandweertrok was. Vier mense is in die ongeluk beseer.

Owerhede in verskeie Europese lande het gesê daar was verskeie redes vir die ontstaan van die brande, insluitend agtelosige plaaspraktyke, kragkabels wat nie behoorlik onderhou word nie en weerligstorms.

Owerhede in Noord-Masedonië en in Spanje het gesê daar is ‘n moontlikheid dat van die brande deur brandstigters veroorsaak is.

Bronne: The Independent, INKL, USA Today

Lees ook: Brande in Europa met hittegolf wat temperature oor 40°C druk

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief