Welwillendheid met kospakke in Riemvasmaak gewys

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORD-KAAP. – Die polisie, gemeenskapspolisiëringsforum en ‘n besigheid het Woensdag saam in ‘n uitreikingsprogram 100 kospakke aan die gemeenskap van Riemvasmaak oorhandig.

Sers. Omphile Masegela sê die ZF Mgcawu-distrik-GPF, die plaaslike polisie en KDHT Investments het die kospakke in die Sending en Vredesvallei-gebiede oorhandig en gewys hulle gee om.

“Tydens vorige misdaad-ingrypings in die Riemvasmaak-omgewing is tekortkominge geïdentifiseer wat uit sosio-ekonomiese uitdagings voortspruit. Gevolglik het die Gemeenskapspolisieforum ‘n program begin om sommige van die uitdagings aan te spreek.”

Masegela sê die program is gepas deur gebed geopen en verskeie hooggeplaastes het die geleentheid bygewoon, waartydens die gemeenskap gevra is om in die geveg teen misdaad saam met die polisie te werk.

“Die polisie kan nooit in isolasie werk nie, daarom is Riemvasmaak aangeneem, om te verseker dat die verhouding tussen die SAPD, die gemeenskap deur die GPF, plaaslike NRO’s, en die sakesektor gehandhaaf word,” sê maj. genl. Monica Sebili, die distrikskommissaris.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief