Langafstandbestuur vereis nie net vaardigheid agter die stuurwiel nie, maar ook goeie beplanning en versigtigheid. Hier is ses wenke om jou langafstandreise hierdie Paastyd suksesvol en veilig te maak.
1. Beplan jou roete vooruit: Maak tyd tyd om jou roete te beplan en alternatiewe paaie te oorweeg. Kyk na padtoestande, verkeer en moontlike stopplekke vir brandstof en rus.
2. Rus gereeld: Moegheid is een van die grootste gevare vir langafstandbestuur. Stop gereeld vir koffie of om jou bene te strek.
3. Bly gehidreer: Neem gesonde peuselhappies en drinkgoed saam. Drink genoeg water om gehidreer te bly en vermy te veel koffie en energiedrankies.
4. Hou die snelheid dop: Dit is verleidelik om jou snelheid te verhoog op lang, reguit paaie, maar hou altyd die toepaslike snelheidsgrense in gedagte. Dit verminder die risiko van ongelukke en verhoog jou brandstofdoeltreffendheid.
5. Pas jou voertuig op: Kyk vooraf na jou voertuig se banddruk, olievlakke, remme, ligte en ander belangrike komponente.
6. Bly kalm en gefokus: Langafstandbestuur kan vervelig word, maar dit is belangrik om kalm en gefokus te bly. Luister na musiek, ‘n luisterboek of ‘n interessante potgooi om jou gedagtes besig te hou.
Onthou altyd om veiligheid eerste te stel en nie haastig te wees nie.
Bronne: Arrive Alive, NMIC





