Wenke vir ouers om hul kinders vir skool voor te berei

Lees ook :

Dis die laaste twee weke van vakansie vir skoolkinders. Die gelui van skoolklokke kom al hoe nader.

Hier volg ’n paar wenke vir ouers om hul kinders te help om so gou moontlik voorbereid te wees vir die nuwe skooljaar wat voorlê:

  1. Kry jou kind terug in sy slaaproetine – ‘n week of twee voordat die skool begin indien jou kind nog klein is. Sodra skool begin, sal jou kind klaar aangepas wees vir die vroeg opstaan.
  2. Gaan koop skryfbehoeftes saam met jou kind. Kry jou kind opgewonde oor die skooljaar wat voorlê deur jou kind saam te neem winkel toe vir dié takie.
  3. Beplan vir onverwagse gebeurtenisse. Wees voorbereid met ‘n oppasser op bestand vir indien jy werk en jou kind sou siek raak.
  4. Skakel jou kind se videospeletjies of die televisie af. In die vakansie raak kinders vasgenael voor die televisie. Verminder die hoeveelheid televisie per dag stelselmatig en laat hulle meer lees of buite speel sodat hulle die gewoonte van televisie kyk of videospeletjies speel vroegtydig voor skool begin afleer.
  5. Lees vooraf deur enige belangrike skoolinligtingstukke. Weet wie jou kind se nuwe onderwyser/onderwyseres is en teken vroegtydig belangrike datums vir die jaar aan sodat jy jou jaarbeplanning kan doen.
  6. Moenie uitstel met skoolaangeleenthede nie. Indien jou kind nog skoolklere nodig het, koop dit vooraf om enige spanning nader aan die tyd te vermy.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App