Wenners van LAPA-jeugromankompetisie aangekondig

Lees ook :

Wenners van LAPA- jeugromankompetisie aangekondig. Illustrasie: LAPA-Uitgewers

Die wenners van LAPA-uitgewers se jaarlikse jeugromankompetisie is aangekondig. Jaco Jacobs se Ons laaste legendariese somer stap weg met die wenprys. Hy ontvang R30 000. Sy jeugroman sal September op die winkelrakke wees.

Die drie naaswenners is Jacolet van der Berg met Bravo! Charlie, Zelda Bezuidenhout met Quinn se jaar van kwik en Annerle Barnard met Sterstof. Elkeen het R10 000 saam met hulle publikasie-kontrakte gewen.

Zelda Bezuidenhout se roman verskyn in Oktober, terwyl Jacolet en Annerle se romans in November verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief