Wêreld- Hipertensiedag op 17 Mei: Ken jou bloeddruk — dit kan jou lewe red

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Elke jaar op 17 Mei is dit Wêreld- Hipertensiedag, wat deel vorm van Hipertensie-bewustheidsmaand, ‘n herinnering dat hoë bloeddruk — al voel jy hoe gesond — stilletjies lewens eis.

Die Wêreld Gesondheidsorganisasie noem hipertensie die “stilswyende moordenaar”. Daar is dikwels geen waarskuwingstekens nie, maar dit rig skade aan die hart, brein en niere. Wêreldwyd ly meer as 1,4 miljard mense aan dié toestand en die oorgrote meerderheid van hulle weet dit nie eers daarvan nie. Van dié wat wel gediagnoseer is, het slegs een uit elke vier hul bloeddruk behoorlik onder beheer. Die boodskap hierdie jaar is eenvoudig, maar dringend: meet jou bloeddruk gereeld. Hipertensie is nie ‘n doodsvonnis nie, dit kan voorkom en behandel word. Gesonde eetgewoontes, gereelde oefening, minder alkohol, geen tabak en die regte medikasie kan ‘n reuse-verskil maak. Behandeling werk, maar dit verg toewyding op die lange duur.

Wat is die simptome as jy sleg voel?

Wanneer bloeddruk gevaarlik hoog styg, kan aanhoudende, dowwe hoofpyne, veral agterin die kop vroeg in die oggend en duiseligheid, ‘n teken van hipertensie wees. Kortasemigheid, wasige sig of dubbelvisie, ‘n vinnig kloppende hart, naarheid, bloedneus en gevoelloosheid is ook moontlike tekens.

Wat kan jy dadelik doen as jou bloeddruk ‘n probleem is?

Dit is belangrik om te onderskei tussen ‘n noodgeval en ‘n minder dringende situasie. Skakel onmidddellik nooddienste in ‘n noodgeval – as jou bloeddruk hoër as 180/120 mm Hg is en jy simptome soos borspyn, kortasemigheid, rugpyn, swakheid of gevoelloosheid of veranderinge in jou sig ervaar. Moenie wag om te sien of dit vanself verbeter nie.

Bly kalm as dit nie ‘n noodgeval is nie (‘n hoë lesing, maar sonder simptome) – angs kan jou bloeddruk verder verhoog. Sit gemaklik regop om asemhaling te vergemaklik en maak stywe klere los om bloedsirkulasie te bevorder. Haal vir ‘npaar minute stadig en diep asem om jou liggaam te laat ontspan. Lê plat vir omtrent tien minute. Drink ‘n glas water, aangesien dehidrasie bloeddruk kan verhoog. Neem voorgeskrewe medikasie as jou dokter dit reeds voorgeskryf het. Vermy koffie, nikotien en alkohol omdat dit jou bloeddruk verder kan verhoog. Meet ná vyf minute weer jou bloeddruk. As dit nie gedaal het nie, soek dadelik mediese hulp.

Druk hier om meer te lees.

Bron: WHO, American Heart Associationheart.org, Healthlinehealthline.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief