KWAZULU-NATAL. – Sewe werkers is Vrydagaand ná ‘n ammoniak-lek by ‘n Pietermaritzburg-fabriek in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem.
Craig Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê paramedici het na die industriële gebied gegaan, waar meer as 30 werkers aan die lekkasie blootgestel is. Noodbehandeling is op die toneel toegepas, waarna sewe werkers na ‘n hospitaal geneem is.
Botha sê ‘n pyp by die fasiliteit het gebars, maar die voorval is vinnig onder beheer gebring.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





