Werksgeleentheid: Debiteure Klerk

Lees ook :

Vakante Pos - Verpakkingsmateriaal Hoof

Wildeklawer is Afrika se grootste uie produsent en ’n primêre verskaffer van aartappels, wortels en beet aan plaaslike markte. Weens uitbreiding is Wildeklawer tans op soek na die volgende rolspeler om by ons dinamiese span aan te sluit: Debiteure Klerk

Die suksesvolle kandidaat sal onder andere verantwoordelik wees vir die volgende:

  • Debiteure: Akkurate boekstawing en verwerking van inligting t.o.v. versending van voorraad, bemarking en verkope, asook deposito’s ontvang;
  • Algemene kantooradministrasie en ondersteuningsdienste;
  • Deurlopende verslaggewing aan bestuur;

Die geskikte kandidaat beskik oor:

  • Ten minste graad 12, maar ‘n toepaslike tersiêre kwalifikasie sal as sterk aanbeveling dien;
  • Ten minste 5 jaar toepaslike debiteure ondervinding, met rekeningkundige agtergrond;
  • Vaardigheid in Microsoft Excel (Navision is ‘n sterk aanbeveling);
  • ‘n Emosioneel volwasse persoon, wat onder druk goed funksioneer;
  • Goeie interpersoonlike vaardighede en span speler.

Vergoeding: ‘n Mededingende vergoedingspakket, gemeet aan kwalifikasies en ondervinding en gerugsteun deur aantreklike byvoordele.

Stuur CV aan: e-pos: hr@wildeklawer.com
Navrae: Theresa Lategan – 053-531 9725
Sluitingsdatum: 31 Julie 2024

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief