Wildeklawer is Afrika se grootste uie produsent en ’n primêre verskaffer van aartappels, wortels en beet aan plaaslike markte. Weens uitbreiding is Wildeklawer tans op soek na die volgende rolspeler om by ons dinamiese span aan te sluit: Rekenmeester/Koste Rekenmeester
Die suksesvolle kandidaat sal onder andere verantwoordelik wees vir die volgende:
- Administratiewe- en rekeningkundige funksies
- Verwerking van inligting en voorbereiding van verslae met betrekking tot voorraad- en batebestuur
- Verwerking en bestuur van onderhoudskoste inligting op bates
- Voorbereiding van maandelikse bestuursverslae met betrekking tot winssentrums
- Alle ander ad hoc-administratiewe take wat met die posisie verband hou
Die geskikte kandidaat beskik oor:
- ’n Toepaslike tersiêre kwalifikasie met voltooide klerkskap wat as sterk aanbeveling sal dien
- 2 tot 3 jaar relevante ervaring
- Uitstekende rekenaarvaardighede (Excel) – Moet werklik bo-gemiddeld wees
- Deeglike administratiewe- en syfervaardighede
- Ondervinding in BI en analitiese sagteware sal as sterk aanbeveling dien
- Tweetalig en goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede
- Kennis van BTW
Vergoeding: ‘n Mededingende vergoedingspakket, gemeet aan kwalifikasies en ondervinding en gerugsteun deur aantreklike byvoordele.
Stuur CV aan: e-pos: hr@wildeklawer.com
Navrae: Theresa Lategan – 053-531 9725
Sluitingsdatum: 28 Junie 2024
Of doen hier aansoek: