Brekende Nuus
Nuus

Dien klagtes oor polisie by Wes-Kaapse polisie-ombudsman in

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – Inwoners en besoekers aan die Wes-Kaap wat ontevrede is met dienslewering deur die polisie, kan ’n klag by die Wes-Kaapse polisie-ombudsman indien.

Die Wes-Kaapse regering sê die polisie-ombudsman ondersoek klagtes oor beweerde ondoeltreffendheid van die polisie en ’n moontlike verbrokkeling van verhoudinge tussen die polisie en gemeenskappe. Die kantoor is onafhanklik en onpartydig en kan klagtes van lede van die publiek, insluitend buitelandse burgers en toeriste, asook georganiseerde burgerlike organisasies, lede van die Wes-Kaapse provinsiale parlement en ander departemente of organisasies ontvang. Die kantoor is ingevolge die Wes-Kaapse Community Safety Act van 2013 ingestel. Klagtes kan aanlyn ingedien word of die kantoor weeksdae tussen 07:00 en 16:00 by 021 483 0669 gekontak word.

Dien klagtes hier in: [email protected] of dien ’n klag aanlyn in. Adres: 6de vloer, Waldorf-gebou, St. Georges Mall 80, Kaapstad.