Weskus rou nadat geliefde dokter in ongeluk sterf

Lees ook :

Foto: Betsi-Ann van der Vyver

Dr. Louis Terreblanche Muller (41), geliefde dokter op Vredenburg, het Woensdag op die R27 buite Langebaan in ‘n ongeluk gesterf.

West Coast Medical Rescue en Metro EMS is na die noodlottige ongelukstoneel van ‘n vragmotor en ‘n voertuig.

Die Dr. Louis Terreblanche Muller Praktyk het op sosiale media gesê hulle is weens die tragiese afsterwe tot verdere kennisgewing gesluit.

“Due to the tragic loss the Practice has experienced this morning, the Practice will be closed until further notice. Thank you for your understanding and condolences.”

Betsi-Ann van der Vyver het haar skok in die volgende sosialemediaplasing uitgespreek: “Genade, die lewe is kort, daar sterf my kliënt gister op pad vir ‘n afspraak met my. Rus in vrede dr. Louis Muller, sterkte aan al sy geliefdes, veral sy moeder dr. Maryna saam met wie hy in haar praktyk in Vredenburg gewerk het.”

Foto: West Coast Medical Rescue

Foto: West Coast Medical Rescue

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief