Lees ook: A-pokke-geval in Swede aangemeld
Die WGO het gister die vervaardigers van entstof teen a-pokke aangemoedig om vinniger te werk om die gevaarliker variant te keer.
Dit volg na die WGO a-pokke tot ’n globale gesondheidsnoodgeval verklaar het. Na die aankondiging is ’n geval van a-pokke in beide Swede en Pakistan aangemeld.
Tans is ’n uitbraak van a-pokke in Afrika van die gevaarlike Clade 1-variant besig is om te versprei.
Die WGO het gevra lande in besit van entstof teen a-pokke moet dit aan lande met uitbrake skenk.
Bronne: Jacaranda FM, Forbes, The Journal
Lees ook: Eerste a-pokke-geval in Pakistan





