Kentucky Fried Chicken in die Verenigde State het onlangs ’n nuwe parfuumreeks bekend gestel wat die reuk van hulle hoender namaak.
Die eerste stel van die parfuum is reeds uitverkoop. No. 11Eau de BBQ is deel van ’n beperkte reeks.
Volgens KFC sal die parfuum jou honger maak en na die naaste KFC laat haas.
’n 100 ml-bottel word vir R1 150 verkoop. Die wins gaan vir die KFC-stigting wat verskeie organisasies in die VK ondersteun.
Bronne: The Business Standard, Fast Food Club




