Wildeklawer wen Shoprite Checkers Supplier of the Year-toekenning

Lees ook :

Wildeklawer het Saterdagaand in Stellenbosch die Shoprite Checkers Supplier of the Year-toekenning ontvang.

Cora de Kock, direkteur by Wildeklawer en ook verantwoordelik vir die maatskappy se promosie en advertensies, vertel die Supplier of the Year-toekennings vind jaarliks plaas. Daar is verskeie kategorieë vir die verskillende wenners, soos Groceries, Health & Beauty, Perishables, Beverages/Liquor & Wine, Butcheries en SMME (Small, Medium and Micro Enterprises).

Wildeklawer is in Natal genomineer en was van daar af by die toekenningsaand waar vyf wenners uit elke kategorie gekies word.

De Kock lag en sê die spoggerige geleentheid in Stellenbosch was “byna soos die Oscars”. Daar is ‘n klomp pryse uitgedeel en so is Wildeklawer as die wenner in die Fruit & Veg-kategorie aangewys.

“Dit is nou al 30 jaar wat ons vir hulle lewer,’ sê De Kock. “En in die 30 jaar is dit die tweede keer wat ons die toekenning wen.

Sy vertel toe Louis de Kock die toekenning namens Wildeklawer by die toekenningsaand ontvang het, het hy genoem dat dit belangrik is om te onthou dat nie net een mens die toekenning kan ontvang nie.

“Hy het genoem dat dit belangrik is om te weet dat hy die trofee namens die hele Wildeklawer, elke span in sy eie afdeling, ontvang. Elkeen het ‘n bydrae gelewer.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief