Winkeleienaar skiet ‘rower’ dood

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Onbekende verdagte is gister omstreeks 15:15 doodgeskiet terwyl hy glo ‘n kruidenierswinkel in Violetbank in Bosbokrand wou beroof.

Kapt. Magonseni Nkosi sê twee onbekende verdagtes het sigarette en lekkergoed by die winkelassistent gekoop toe die eienaar, ‘n buitelander, uit ‘n ander vertrek kom. Een van die mans het ‘n vuurwapen te voorskyn gebring en hom gedreig. Terwyl die eienaar probeer ontsnap het, het die gewapende verdagte skote geskiet. Die winkeleienaar het met sy eie gelisensieerde vuurwapen teruggeskiet.

Een verdagte is in sy bolyf getref en is op die toneel dood verklaar. ‘n 9 mm-pistool, waarvan die reeksnommer afgevyl was, is glo langs hom gevind. Die ander verdagte het van die toneel gevlug.

Bosbokrand-polisie ondersoek sake van poging tot moord, poging tot roof, die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ‘n geregtelike doodsondersoek.

Die polisie het op beide die vuurwapens beslag gelê. Dit sal ballisties getoets word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief