Witrenoster in Limpopo vir horings doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Witrenoster is op ‘n fasiliteit in die Makhado-polisiëringsarea doodgeskiet en sonder horings gevind nadat dit op 20 en 22 September nie vir voeding opgedaag het nie.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ‘n werker die renoster gaan soek het en ontdek het dat die dier drie skietwonde in die kop en twee in die lyf gehad het. Beide horings was verwyder.

“Lede van die eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies het ‘n soektog na die verdagtes van stapel gestuur.”

Enigiemand met inligting oor die voorval word gevra om na vore te kom en sers. Enva Ensebo Mukhari by 076 130 2320 te bel.

“Geen steen sal onaangeroer gelaat word in die opsporing van diegene wat verantwoordelik is vir hierdie sinnelose daad nie. Renosterstropery is ‘n ernstige misdaad wat ons kosbare natuurlewe bedreig. Ons het die hulp van die gemeenskap nodig om hierdie oortreders aan te kla,” sê maj.genl. Samuel Manala, die waarnemende provinsiale kommissaris.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief