Brekende Nuus
Afrikaans

Wyle Derek Watts met ‘n Safta-toekenning vereer

Derek Watts is met 'n Safta vir lewenslange bydrae tot die Suid-Afrikaanse media- en vermaaklikheidsbedryf vereer.

Derek Watts
Foto: Derek Watts Facebook-blad

Wyle Derek Watts is op 30 September vir sy lewenslange bydrae tot die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf vereer met ‘n Lifetime Achiever Award tydens die 17de Safta- (South African Film and Television Awards) toekenningseremonie.

Watts is onlangs op 22 Augustus oorlede en was ‘n ondersoekende joernalis en televisieaanbieder vir Carte Blanche op DSTV.

Hy het onlangs sy stryd teen kanker verloor.