Brekende Nuus
Afrikaans

Die Antwoord se seun vertel van beweerde seksuele, fisiese mishandeling

Die Antwoord se seun vertel van seksuele, fisiese mishandeling (Foto: The South African)
Die Antwoord se seun vertel van seksuele, fisiese mishandeling (Foto: The South African)

Gabriel “Tokkie” du Preez is deur Yolandi Visser en Ninja (Die Antwoord) aangeneem toe hy maar nege jaar oud was. Gabriel, nou 20, praat in ‘n onlangse onderhoud met Ben Jay Crossman oor die jare se beweerde uitbuiting, seksuele en fisiese aanranding wat hy glo ervaar het na hy aangeneem is.

Die storie het wyd aandag getref, met media regoor Suid-Afrika wat die storie gedek het.

VIDEO: Leeu byt man se vinger af in dieretuin

Kyk die volledige video-onderhoud hier:

https://youtu.be/YenOVzUonFA

News24 het berig die owerhede het in die saak begin belangstel en dat Crossman ‘n beëdigde verklaring afgelê het.

In Augustus 2019 is Die Antwoord uit ‘n reeks van verskeie musiekfeeste verwyder nadat ‘n video van ‘n beweerde homofobiese aanval teen Hercules en Love Affair se Andy Butler viraal gegaan het.

Hier is Die Antwoord se reaksie op die bewering.