Brekende Nuus
Afrikaans

Youtuber kry 30 jaar tronkstraf vir kindermishandeling

Die seun het vir die polisie gesê Hildebrandt het hom met ‘n tou vasgebind en rooipeper en heuning op sy wonde gesit.

Youtuber kry 30 jaar tronkstraf vir kindermishandeling

fotokrediet: Canva
Youtuber kry 30 jaar tronkstraf vir kindermishandeling fotokrediet: Canva

Lees ook: YouTuber aangekla van kindermishandeling

VSA. – Die Youtuber wat raad vir ander ouers oor ouerskap gegee het, is tot ‘n minimum van 30 jaar tronkstraf vir kindermishandeling gevonnis.

Ruby Franke en haar vennoot, Jodi Hildebrandt, is verlede jaar in hegtenis geneem vir kindermishandeling.

Franke se seun (12) kon uit ‘n venster ontsnap en het na die bure gehardloop om die polisie te bel. Hy was maer en vol seerplekke. Die seun het vir die polisie gesê Hildebrandt het hom met ‘n tou vasgebind en rooipeper en heuning op sy wonde gesit.

Albei vrouens het skuldig gepleit op die aanklagtes en kan tot 30 jaar in die tronk deurbring.

Franke is glo nie van plan om teen haar vonnis te appeleer nie en is volgens haar prokureur “gereed om haar tronkstraf uit te dien”.

Bronne: Evening Standard, BBC, Mail Online

Lees ook: YouTuber aangekla van kindermishandeling