Zelenski veroordeel Russiese aanval wat 21 pensionarisse dood

Lees ook :

Zelenski veroordeel Russiese aanval wat 21 pensionarisse dood fotokrediet: X

DONETSK, OEKRAÏNE. – Die Oekraïense president, Wolodomir Zelenski, het ’n Russiese aanval veroordeel wat 21 pensionarisse in Yarova, Donetsk gedood het.

Lees ook: Minstens 28 mense is in Kijif dood ná Russiese aanvalle

Volgens Zelenski het ’n bom Yarova getref en 21 pensionarisse gedood wat gewag het om hulle pensioen te ontvang en nog 21 mense beseer.

Volgens Zelenski was die aanval direk op burgers gerig en hy het die internasionale gemeenskap gevra om Rusland ekonomies vir die oorlog deur addisionele sanksies te laat betaal. Hy het gesê “die wêreld moenie stilbly nie. Die wêreld moenie onaktief bly nie. Die VSA kort ’n reaksie. Europa kort ’n reaksie. Die G20 kort ’n reaksie. Sterk aksie is nodig sodat Rusland kan ophou dood bring”.

Rusland het nog geen kommentaar oor die aanval gemaak nie.

Bronne: Euronews, CBS News, Sky News

Lees ook: Minstens 28 mense is in Kijif dood ná Russiese aanvalle

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief