SHANGANI. – ‘n Zimbabwiese parlementslid en digter is oorlede nadat die voertuig waarin hy was ‘n olifant getref het.
Lees ook: Aardbewing van 7.5 tref Filippyne, waarskuwing vir tsoenami uitgereik
Desire “Moyoxide” Moyo, ‘n lid van die parlement vir Nkulumane in Zimbabwe, is Vrydag oorlede toe die voertuig waarin hy en nog vier ander parlementslede was naby Shangani in die agterkant van ‘n olifant vasgey het. Die olifant het omgedraai en die voertuig aangeval, wat waarskynlik tot die meeste van Moyo se beserings gelei het. Dit sou vandag sy 46ste verjaarsdag gewees het.
Die vier ander passasiers is beseer en in ‘n hospitaal opgeneem.
Hulle was op pad terug na Bulawayo nadat hulle by die parlement in Harare was.
Bronne: Metro, AllAfrica, TheStar
Lees ook: Aardbewing van 7.5 tref Filippyne, waarskuwing vir tsoenami uitgereik





