GLASGOW, SKOTLAND. – Die Suid-Afrikaanse skrywer, vertaler en opvoeder, Zoë Wicomb, is op 76 in haar woning in Glasgow, Skotland oorlede. Sy sou op 23 November vanjaar 77 jaar oud geword het.
Lees ook: Voormalige Olimpiese afrigter aangekla van kinderseksuele misdrywe
Haar dood is gister deur die Universiteit van die Wes-Kaap aangekondig.
Wicomb is in 1948 in Namakwaland gebore. Sy het ‘n reeks kortverhale oor haar vroeë universteitsjare You Can’t Get Lost in Cape Town geskryf en later ook onder meer David’s Story, Playing in the Light, October en Still Life geskryf”.
Wicomb het in 1970 na Engeland emigreer en in 1990 na Suid-Afrika teruggekeer om klas te gee by die Universiteit van die Wes-Kaap. Sy het in 1994 na Glasgow, Skotland getrek om ‘n professoraat in Engels by die Universiteit van Strathclyde te aanvaar. Wicomb het in 2009 as opvoeder afgetree.
Bronne: eNCA, The Johannesburg Review of Books, UWC
Lees ook: Voormalige Olimpiese afrigter aangekla van kinderseksuele misdrywe





