KWAZULU-NATAL. – Duduzile Zuma-Sambudla het Donderdag in verband met die onrus en openbare geweld wat gedurende Julie 2021 in verskeie dele van die land uitgebreek het in die Durban-hooggeregshof verskyn.
Natasha Ramkisson-Kara, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring Zuma-Sambudla staan tereg op aanklagte van die pleeg van terrorisme, asook twee aanklagte van aanhitsing tot die pleeg van openbare geweld.
Ramkisson-Kara sê die saak is deur die landdros as gereed vir verhoor gesertifiseer en van 10 tot 21 November vir die verhoor in die Durban-hooggregshof uitgestel.





