MEXICO. – Tien mense is gister dood en 55 mense is beseer nadat ’n trein en ’n bus by ’n treinoorgang naby Mexico City gebots het.
Lees ook: Drie dood nadat trein in Egipte ontspoor
Die busbestuurder wou glo ’n ander voertuig op die treinoorgang verbysteek en is deur ‘n aankomende trein getref. Die bus is middeldeur geskeur deur die slag. Die busbestuurder is daarna in hegtenis geneem.
’n Video van die ongeluk is op sosiale media gedeel.
Die beseerdes, tussen die ouderdomme van 19 en 48, is na plaaslike hospitale geneem.
Bronne: Euronews, ABC News, New York Times
Lees ook: Drie dood nadat trein in Egipte ontspoor





