10-jarige steeds kritiek maar stabiel ná skietvoorval

Lees ook :

Foto: Verskaf

GAUTENG. – Waldo Verwey van Casseldale, Springs, is steeds aan lewensondersteuning gekoppel en kritiek, maar in ‘n stabiele toestand nadat hy Donderdagaand deur booswigte in die kop geskiet is.

Nuusflits het voorheen berig volgens sy pleegma, Christenette Barnard, het die voorval kort voor 22:00 plaasgevind nadat sy, Waldo en Kleinboet die gesin se honde in die erf uitgeneem het. Sy vertel dat sy en haar jonger seun terug in die huis was toe hulle ’n harde klap gehoor het.

“Ek het gevra wie nou dié tyd van die aand klappers skiet,” sê sy. Haar jonger seun het gaan kyk en teruggekom met die skokkende woorde: “Mamma, Waldo is dood.” Toe sy uitstorm, het sy vir Waldo met ernstige kopbeserings aangetref. Die koeël het hom net bokant die oog getref en aan die agterkant van sy kop uitgekom. Hy is per lugambulans na die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal geneem, waar hy tydens die vlug as gevolg van skok ’n beroerte opgedoen het.

‘n Saak van poging tot moord word deur die polisie ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief