10 verkeersbeamptes uit op borg ná korrupsieklag

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO – Johannes Makgoka (38), Sylvia Choke (35), Lufuno Mashimbye (56), Stanley Machaka (53), Andries Aphiri (44), Bethuel Ramaphosa (38), Khumuleni Rabakali (54), Thabo Ngaka (33), en Gerald Setati (33), het op aanklagte van korrupsie voorgekom.

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder vir die NVG, sê die verdagtes het in die Polokwane-, Morebeng- en Makhado-landdroshowe verskyn, waar hulle almal borg toegestaan is wat tussen R1 000 en R3 000 wissel.

“In 2022 is ‘n anti-korrupsieprojek Coco deur die Korrupsie- en Georganiseerde Misdaad-ondersoekeenheid van stapel gestuur na dit aan die lig gekom het verkeersbeamptes stop na bewering motoriste op die N1 tussen Makhado en Polokwane onder die voorwendsel om voertuigfoute te ondersoek, en eis dan omkoopgeld in plaas van om boetes uit te reik.”

Die beskuldigdes is op 6 September gearresteer nadat hulle omkoopgeld van geheime agente aanvaar het.

Die sake is tot verskeie datums in September en November uitgestel terwyl die ondersoek voortduur.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

Die polisie in die provinsie het Donderdag 11 verkeersbeamptes vir beweerde korrupsie in hegtenis geneem.

Brig. Hulani Mashaba sê daar is nou met die padverkeersbestuurskorporasie se teen-korrupsie-eenheid (NTACU) gewerk. Bewerings van omkopery van motoriste op die N1-hoofweg in die provinsie is opgevolg.

“Die inhegtenisnemings volg na voortgesette ondersoeke wat aan die lig gebring het dat verkeersbeamptes wat langs die N1 en in dorpe werk, hulle pligte laat vaar het en na die N1 sou ry om korrupte aktiwiteite uit te voer.”

Die beamptes staan tereg op aanklagte van regsverydeling, afpersing en omkopery en sal in die Polokwane-landdroshof verskyn.

Mashaba sê verdere arrestasies word verwag soos die ondersoek voortduur.

Lees die padverkeersbestuurskorporasie se volledige verklaring hier.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App